Inleiding:
Twee weke gelede, Sondag die 16e April, het ons die opstanding van die Here Jesus gedenk. Die opstanding van ons Verlosser het ‘n baie groot invloed op ons lewe. Die invloed is so groot, dat Jesus se dissipels op die dag van die week dat Hy opgestaan het, Sondag, begin saamkom het. Na sy opstanding het die dissipels en die vroegste kerk op Sondae begin saamkom. Tot vandag is die dag waarop Christus opgestaan het, die dag dat sy kerk vir eredienste saamkom. Die invloed van Christus se opstanding op ons lewe is nog groter as dat die dag van samekoms verander het. Sy opstanding het ook mense se lewens heeltemal verander. Ons kan sê Christus het deur sy opstanding elkeen wat in Hom glo, se lewe verander van donker na lig, van dood na lewe.
Christus se opstanding is so belangrik dat mens daarom nie net een dag in ‘n jaar in ‘n preek daaraan aandag kan gee nie. Sy opstanding behoort elke Sondag gepreek te word. Meer nog, sy opstanding behoort elke dag van ons lewe gedenk te word. Vanoggend se preek is bedoel om weereens duidelik te maak hoe belangrik Christus se opstanding vir ons is en hoe sy opstanding ons lewens raak.
Tema: Christus het regtig opgestaan – wees ‘n getuie hiervan
‘n Baie belangrike deel van Jesus Christus se verlossingswerk was sy opstanding uit die dood. As Hy nie uit die dood opgestaan het nie, was daar vir ons geen verlossing nie en is ons geloof tevergeefs en nutteloos (1 Kor.15.)
Tydens sy lewe op aarde het Jesus sy dissipels, dit is sy kerk geleer wat sy verlossingswerk alles behels. Hy het geleer dat Hy uit die dood sou opstaan. Omdat die Seun van die lewende God gesê het, dat Hy uit die dood sou opstaan, en omdat God dit ook in sy Woord sê, is Christus se opstanding ‘n werklikheid.
Die getuienis dat Christus se opstanding ‘n werklikheid is, is oorweldigend:
Die werklikheid van Christus se opstanding het die vroegste Christene so geraak, dat hulle mekaar gegroet het met die woorde: Die Here het opgestaan!
Is Christus se opstanding vir jou so werklik dat jy elke dag daaroor dink en gereeld met ander daaroor praat?
Daardie Sondagaand was die disippels bymekaar in ‘n vertrek. Johannes noem in die Evangelie wat hy geskryf het, dat die deure gesluit was (Joh.20:19.) Die dissipels het die deure gesluit, want hulle was bang vir die Jode wat Jesus laat kruisig het en hulle dalk ook wou doodmaak.
Daardie aand het Jesus skielik tussen hulle gestaan. In Luk.24 het ons eweneens baie sterk getuienis dat Jesus opgestaan het uit die dood. Kom ons kyk na die getuienis:
Ten spyte van die sterk getuienis dat Christus opgestaan het uit die dood, het die dissipels gesukkel om te glo.
Die dissipels wat nie regtig wou glo nie, is nie die uitsondering nie. Sukkel ons nie ook maar baie om opreg te glo dat Christus wel uit die dood opgestaan het nie? Dat iemand uit die dood kan opstaan, is heeltemal buite ons ervaringsveld. Ons ken dit glad nie. Dis asof ons ook maar net nie regtig kan glo dat Christus vir ons uit die dood opgestaan het nie.
Lukas beskryf dat die Here hulle verstand oopgemaak het om die Bybel oor sy opstanding te verstaan. Die Heilige Gees wat jou hart en verstand oopmaak, help jou om te glo.
Bid daarom dat die Heilige Gees jou hart en verstand elke dag sal oopmaak dat jy kan glo Christus het werklik opgestaan vir jou.
Die evangelie dat Jesus Christus uit die dood opgestaan het, is ‘n Baie Goeie Boodskap vir ons. Jesus Christus se opstanding hou vir ons onbeskryflike ewige goed in.
Dat Hy opgestaan het, beteken:
Jesus Christus het virr jou opgestaan. Sy opstanding hou oneindig baie goed vir jou in. Leer die betekenis van sy opstanding ken, maak dit jou eie en leef daaruit.
Luister mooi na wat Christus gesê het: “So staan daar geskrywe:’Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder” (Lk.24:46,47.)
Jesus self bind sy sterwe en opstanding aan die opdrag dat bekering en vergewing van sondes verkondig moet word aan al die nasies. Omdat Christus uit die dood opgestaan het, moet die kerk praat, verkondig. Die wêreld moet hoor van bekering en vergewing.
Die verkondiging moet in die Naam van Christus wees. Wat beteken dit? Die betekenis van hierdie uitdrukking is: Op grond van Christus wat gekruisig is en opgestaan het, moet bekering en vergewing van sondes verkondig word.
Jy kan nie Jesus Christus regtig goed ken en dan nie vir Hom leef en stil bly oor Hom nie.
Christus wat opgestaan het, gee nuwe lewe!
Die kerk, ons het die opdrag om die gemeenskap van Christus te vertel!
Die Heilige Gees rus ons toe met krag. Hy gebruik hiervoor die Woord van God. Lees die Bybel, kom op hoogte van Christus se opstanding en wat sy opstanding vir ons beteken. Wees met die krag wat die Gees gee, ‘n getuie dat Christus regtig opgestaan het!