Inleiding:
In Daniël 8 het ons ‘n gebeurtenis wat plaasgevind het voor Daniël 5. God leer ons deur ‘n gesig wat Hy Daniël laat sien het, hoe sondig en vyandig die wêreld teen Christus se kerk is. Hy leer ons ook dat God vir sy kerk sorg.
Tema: Christus se kerk leef in ‘n sondige wêreld onder God se sorg
Die land was Babel. Die provinsie was Elam. Die stad Susan. Die plek by die Ulairivier. Wanneer ‘n mens soveel besonderhede het, weet jy jy het met die werklikheid te doen. Ons het ook nog die jaar waarin hierdie geskiedenis gebeur het. Dit was in die derde jaar van Belsasar se regering.
God wat in die hemel is, het vir Daniël ‘n gesig laat sien. Dit was hierdie keer nie ‘n droom nie.
Die gesig het hoofsaaklik uit ‘n skaapram en ‘n bokram bestaan. Die eerste deel van Daniël se gesig het so gelyk:
Die tweede deel van die gesig het so gelyk:
Die derde deel van die gesig het toe aangebreek.
Hierna wou Daniël weet wat alles beteken. Daar het iemand soos ‘n man voor Daniël gestaan. Daniël hget ‘n stem uit die Ulairivier hoor roep: Gabriël, verklaar vir Daniël die gesig.
Gabriël het nader gekom en vir Daniël gesê dat die gesig op die eindtyd gewys het.
Hierdie gesig en die teenwoordigheid van die engel was vir Daniël so erg dat hy bewusteloos geword het en op die grond geval en bly lê. Die engel het hom opgetel en hom vertel wat die gesig beteken het.
Ek gaan nou die engel se verklaring gee en wanneer nodig die geskiedenis gebruik om name aan die figure in die gesig te gee en ook sê wat hulle gedoen het.
Die skaapram was die ryk van Medië en Persië.
Die bokram was Griekeland. Die groot horing was Alexander die Grote. Hy het op die hoogtepunt van sy regeertyd gesterf. Hy was 33 jaar oud. Vier generaals wat naby Alexander was het die regeerders in sy plek geword. Hulle name is bekend, maar dit is nie nodig om gelowiges daarmee te vermoei nie.
Aan die einde van hierdie tyd, sal ‘n koning op die toneel verskyn. Sy naam is Antiochus uit die Siriese deel van Alexander se ryk wat na hom deur Seleuces regeer is. Antiochus het 175 tot 163 v.C. regeer.
Wat het Antiochus alles gedoen? Die volgende was van sy sondige dade:
Ons sien in Antiochus iemand wat die Antichris in sy lewe wys en dit nog voor Christus aarde toe gekom het. Ons kan wat Antiochus gedoen het, so saamvat: Hy het alles gedoen wat hy kon, om Juda te laat ophou om in die genadeverbond met God te leef.
En….hy het dit reggekry!
Die vraag van die een hemelse wese aan die ander een was: Hoe lank sou hierdie verskriklike tyd duur? Die antwoord Tweeduisend driehonderd oggende en aande. Dit sal niemand help om werklike dae te wil tel nie. Omdat Daniël ‘n gesig gesien het, moet ons die getal simbolies verstaan. Duisend is ‘n volle tydperk. Tweeduisend beklemtoon die volle tydperk. Driehonderd is die kleinste deel van duisend, wat beteken die slegte tydperk sal kort wees voor die heiligdom weer herstel sal word. Teen 165 v.C. het die Makkabeërs wat sterk weerstand teen Antochus begin bied het, onder leiding van Judas Makkabeus weer die tempel ingebruik geneem met die fees van die tempelwysing waarvan ons onder andere in Joh.10:22 lees.
Hierdie geskiedenis gaan in die eerste plek oor die geskiedenis van die verbondsvolk, dit is Christus se kerk, tot voor sy koms na die aarde. Veral Alexander die grote met sy afgode, die Grieke se losbandigheid, en daarna Antiochus met sy wrede vervolging en onderdrukking van die kerk, wys ons dat die kerk van Christus in ‘n sondige wêreld leef. Vir ‘n tyd het dit gelyk of die bose die kerk sou vernietig. Wat met Christus se kerk gebeur het voor sy koms, het reeds begin gebeur ook na sy koms, sy kruisiging, opstanding en hemelvaart en gebeur in ons tyd.
Na Antiochus was daar nog baie keer dat die kerk van Christus wreed vervolg is. Op 23 en 24 Agustus 1572 is tot soveel as 70 000 Christengelowiges in Frankryk wreed doodgemaak, omdat hulle in Jesus Christus as hulle enigste Verlosser geglo het.
Pakistan wat nou so rustig met ‘n kriekettoer in ons land besig is, is die vyfde gevaarlikste land vir Christene in die wêreld. Twee lande uit Afrika, Somalië en Libië is onder die vyf lande wat Christene die ergste vervolg.
Verlede jaar is net meer as 4 700 Christene ter wille van hulle geloof in Christus wêreldwyd doodgemaak. Omtrent net soveel is vir hulle geloof gearresteer en in die tronk gegooi. Gaan ons op verlede jaar se syfers, sal daar vandag, op hierdie Sondag, in die wêreld 13 Christene vir hulle geloof doodgemaak word.
Hier by ons, word Christene nog nie doodgemaak oor ons geloof in Jesus Christus as ons enigste Verlosser nie. Die weerstand van die wêreld tyeen die kerk lê op ‘n ander vlak. In Suid-Afrika word Jesus lank nie meer gesien as die enigste Verlosser nie. Hy is bloot een van baie. Die Bybel is ook maar net ‘n boek van een van baie godsdienste.
Die agteruitgang van die kerk in terme van getalle en geloofdiepte en die waarheid net van die Bybel dat Jesus alleen die enigste werklike Verlosser van sondaars is, is reeds in ons land duidelik. Die wêreldse manier van leef, weg van Jesus Christus, word al sterker in ons land en die mense wat so ‘n lewe verkies al meer. Dit is die kerk van Christus wat swaarkry en die sondige wêreld wat floreer. Wanneer die wêreld floreer, kry die kerk van Christus al swaarder.
Die verbondsvolk wat in die tyd van die ballingskap tot met Jesus se koms so swaargekry het, het aan God behoort. Ons wat na Jesus se koms na die aarde en sy hemelvaart leef, weet die kerk is Jesus Christus se kerk. Die kerk van die Nuwe Testament is in werklikheid die uitbreiding van die verbondsvolk van die Ou Testament.
In die sondige wêreld wat die kerk soveel leed aangedoen het en in die toekoms nog leed sal aandoen, versorg God steeds sy kerk.
Waarin sien ons God se sorg vir sy kerk?
Die sondige wêreldleiers, veral Alexander die Grote het baie mense baie sterk beïnvloed. Die Jode se godsdiens en verhouding met God het oppervlakkig geword. Dit het veroorsaak dat baie onder Antiochus se regering weggedwaal het van God en sy Woord.
Die mens het sedert Antiochus nie opgehou om van die Here weg te dwaal nie. Ons sien dit in ons eie land. Baie het van God weggedwaal en is steeds ver van Hom af. Sondae se eredienste wys dit duidelik. Maar lewe in Suid-Afrika van Maandag tot Saterdag wys net so duidelik hoe ver hierdie land van God af is.
Die vraag is: Waar staan ek met God, wanneer sy kerk swaarkry?
Jy is anders. Jy het Jesus Christus in jou lewe. Jy het God se Woord in jou huis en by jou. Jy het die Heilige Gees om jou te leer en te lei.
Gebed