Inleiding vir ‘n reeks preke uit Openbaring.
1. Die boek is ‘n profesie (Op.1:3) in die vorm van ‘n brief aan Christus se kerk (Op.1:4). ‘n Profesie se een belangrike kenmerk is die volgende woorde: “So sê die Here.” ‘n Profesie gaan oor die verlede en die hede en die toekoms. Ons kan dus Openbaring nie lees asof die boek net oor die toekoms gaan nie. Ons het nodig om te lees oor en te luister na wat God vir ons oor die verlede, die hede en die toekoms sê.
2. Die Heilige Gees het vir Johannes baie beelde en simbole laat sien. Hy het alles neergeskryf. Ons het nodig om die beelde en simbole te verstaan en dan toe te pas in die geskiedenis van en lewe op die aarde, en die beeldde en simbole te glo. Daar is beelde en simbole ook oor lewe in die hemel om te verstaan en toe te pas en te glo.
3. Openbaring gaan nie bloot oor die kronologiese volgorde van dinge wat gebeur, asof van hoofstuk 1 die een ding op die ander volg tot by hoofstuk 21 nie. ‘n Duidelike voorbeeld is die einde van hoofstuk 14 waar die Menseseun (dit is Jesus Christus) op die wolk kom. Dit behoort mos die einde van alles te wees, maar daar is nog hoofstukke 15 tot 21 van die boek na die wederkoms van Jesus Christus waarvan ons in hoofstuk 14 lees. Hoe moet ons dan Openbaring lees? Die Heilige Gees het vir Johannes die verloop van die geskiedenis van verskillende kante gewys. Die hoofstukke is nie net herhaling nie, daar is ‘n verdieping in wat Johannes gesien het. Dit is asof die geskiedenis intenser, ernstiger word soos Johannes die beelde en simbole gesien het.
4. Johannes het alles deur die Heilige Gees gesien. Die Heilige Gees het hom gelei, gehelp, geïnspireer om hierdie laaste boek van die Bybel te skryf.
5. Openbaring lyk en klink dalk na hierdie vreemde boek met al die verskillende beelde en gesigte en simbole wat mens nie regtig kan verstaan nie. Inteendeel! Sodra ek as Christen die boek met ‘n gebed in die hart begin lees, sal alles wat God wil sê, duidelik word. Die heel eerste woord van die boek is Apokaluyis (apokalipsis), wat beteken “om die deksel op te lig”. God het in sy almag, sy alwetendheid en sy genade die deksel van die geskiedenis opgelig. Hy het die verloop van die geskiedenis vir Jesus Christus gee. Hy het sy engel gestuur om Johannes die oplig van die deksel van die wêreldgeskiedenis te laat sien. Openbaring is daaorm nie hierdie moelike onverstaanbare boek nie.
6. God sê ook vir almal wat Openbaring lees wat sy doel met die boek is: “Salig is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en ter harte neem wat daarin geskryf staan, want die eindtyd is naby” (Op.1:3).
Die redes waarom ons die boek Openbaring het –
7. Die Openbaring van Jesus Christus is besonders, soos elke boek van die Bybel. Elkeen van ons het nodig om met ‘n gebed in die hart die boek te lees en na wat God vir ons sê te luister. Bid gereeld dat die Heilige Gees ons sal help en lei om te luister, te verstaan, te glo en as Christengelowiges al ons vertroue en verwagting in hierdie lewe net op Jesus Christus, ons Verlosser te stel wat ons in die ewigheid graag by Hom wil hê.
Struktuur van Openbaring (met erkenning aan Mounce en Booyens)
Hierdie uiteensetting van die struktuur van Openbaring, dit is hoe die boek saamgestel is, kan baie help met die verstaan van hierdie laaste boek van die Bybel.
Ons kan die 21 hoofstukke in 11 verskillende dele verdeel. Julle sal die nommers 1 – 11 sien in die swartdruk.
Daar is drie tussentonele, om dit so uit te druk, in hierdie struktuur. Die tonele is elke keer vir die bemoediging van die gelowiges wat salig is en die oordeel vir die wat hulle nie bekeer het nie.
Die blou is elke keer baie kort kommentaar waaroor die deel van die boek gaan.
1:1-3 – God se openbaring
1:4-8 – Groet
1:9-20 – Die verskyning en opdrag van Jesus Christus
2:1-7 – Efese [Christus ken sy kerk baie goed
2:8-11 – Smirna Wat doen die kerk van Christus
2:12-17 – Pergamum Daar is goed en sleg in die kerk
2:18-29 – Tiatira Christus se oordeel oor wat sy kerk doen
3:1-6 – Sardis Die weg vorentoe
3:7-18 – Filadelfia Saligheid of oordeel]
3:19-22 – Laodicea
4:1 -11 – Aanbidding van God as Skepper
5:1-14 – Aanbidding van die Lam wat waardig is om die boek oop te maak
6:1-8 – Die eerste 4 met die vier perderuiters
6:9-11 – Die vyfde seël – die martelare
6:12-17 – Die sesde seël – die groot aardbewing
7:1-17 – Gesig van die saliges (Tussentoneel)
7:1-8 – Die dienaars van God gemerk met die seël
7:9-17 – Die groot menigte om die troon
8:1 – Die sewende seël (Die sewe engele met die sewe trompette)
8:2-5 – Voorbereiding
8:6-12 – Die eerste 4 trompette
8:13 – Die waarskuwing van die arend
9:1-12 – Die vyfde trompet, die eerste wee
9:13-21 – Die sesde trompet, die tweede wee
10:1-11:14 – Gesig van die profetiese rol (Tussentoneel)
10:1-11 – Die magtige engel en die klein boekrol
11:1,2 – Die tempel word gemeet
11:3-14 – Die twee getuies
11:15-19 – Die sewende trompet
12:1-6 – Die vrou, die draak en die kind
12:7-12 – Oorlog in die hemel
12:13-17 – Oorlog op die aarde
13:1-10 – Die dier uit die see
13:11-18 – Die dier uit die aarde
14:1-5 – Die verlostes en die Lam op Sion
14:6-20 – Visioene van die finale oordeel (Tussentoneel)
14:6-13 – Die komende oordeel aangekondig
14:14-20 – Die oes van die aarde
15:1-8 – Die teken van die sewe engele met die sewe laaste plae verskyn
16:1-9 – Die eerste vier bakke met plae word uitgegooi
16:10,11 – Die vyfde bak (duisternis en pyn)
16:12-16 – Die sesde bak (bose geeste en Armageddon)
16:17-21 – Die sewende bak (geweldige natuurrampe)
17:1-6 – Die sedelose vrou op die rooi dier
17:7-18 – Die betekenis van die vrou en die dier
18:1-8 – Babilon word vernietig
18:9-20 – Die konings, sakemanne en seemanne huil oor Babilon
18:21-24 – Die stad se ondergang is finaal en ewig
19:1-5 – Vreugdeslied in die hemel
19-6-10 – Bruilof van die Lam aangekondig
19:11-16 – Die vegtende Messias verskyn
19:17-21 – Die antichris en sy volgelinge vernietig
20:1-3 – Satan gebind
20:4-6 – Regering vir 1000 jaar
20:7-10 – Satan veroordeel
20:11-15 – Finale oordeel
21:1-8 – Die nuwe skepping
21:9-22:5 – Die nuwe Jerusalem