Ontmoeting
Verootmoediging
Verkondiging
Antwoord
Ons sê vir God dat ons in sy teenwoordigheid is en heeltemal afhanklik van Hom is.
Die Here gee ons sy seën waaarin Hy ons van sy genade, sy barmhartigheid en vrede verseker.
Ons antwoord die Here op sy seën deur Hom met sang te prys en te eer
Na die sang bely ons ons geloof waarmee ons voor God staan.
Na ons belydenis saam met Christus se kerk oor die aarde sing ons as deel van ons belydenis.
Ons luister na die Here se Wet om ons sonde te besef, vaster te glo dat Jesus Christus ons van al ons sonde verlos het en om te hoor hoe ons God behoort te dank vir ons verlossing.
Na die wet antwoord ons met sang.
Dan bid ons saam. Verootmoediging is ‘n belangrike deel van hierdie gebed.
In die verkondigingdeel gebeur die volgende:
Ons begin met sang.
Ons lees uit die Bybel, God se Woord.
In die preek word die deel uit die Bybel verduidelik en in ons lewens toegepas.
Ons antwoord op God se Woord met sang.
Ons bid ‘n gebed waarin ons God dank vir sy Woord.
Ons gee liefdegawes vir barmhartigheid.
Ons ontvang die Here se seën.
Dit is nodig om hierdie alles te weet, sodat elkeen besef wat regtig in ‘n erediens gebeur. Wanneer ‘n mens besef wat ‘n erediens regtig is en uit watter belangrike dele ‘n erediens bestaan, glo ek ons almal sal nog meer uitsien om elke week in die teenwoordigheid van die allerhoogste God te wees.
JN
9/01/2022