Home Preke Neem as arme die inisiatief

Neem as arme die inisiatief

Datum: 2009-05-02

Die wêreld van die leners en uitleners

*   Die arme wat onder in die lewe moes begin benodig ‘n donkie, ‘n os, saad …

*   Die rykes was die finansierders of “banke” van daardie tyd. Hulle het geleef van die rente – hulle enigste inkomste.

*   Maar hulle het buitensporige rente gevra – van 25% tot 100%. Dit was weens die risiko’s wat hulle moes neem met die uitleen van geld aan die armes!

*   Die meeste van hulle het met die tyd hard en gevoelloos geword – en geen genade betoon nie. Sake is na howe (ou manne in die poort) verwys en hulle het nie geskroom om hulle hande op alles te lê wat die arme lener besit nie.

Die probleem situasie

*   Die arme is in die moeilikheid en kan nie betaal nie.

*   Die ryke of bank “wil” na die hof.

Die reaksie
Wanneer dit gebeur is daar twee maniere waarop die arme kan optree:

1.   Die arme kan hom verset.

As die arme hom verset en nie betaal nie word dit ‘n hofsaak. Die ryke vat dan alles wat hy kan van die arm man.

Daarby dwing die arm man die ryk man (of bank) om voortaan altyd so op te tree. Die arm man het hom dan verset! Dit gaan die standaard prosedure in die toekoms vir alle armes en leners word.

2.   Of die arme neem inisiatief.

Die arm man gaan reguit na die rykman (bank) toe. Erken dat hy nie kan betaal nie. Gee alles wat hy het, ook sy boklere. Hy trek hom dus daar voor die ryk man (in die “bank”) naak uit.

Stel u dit voor! Waarskynlik het die arme bygevoeg: “Dit is die buitensporige rente – geen lener het ‘n kans om te oorleef nie”.

*   So maak hy die ryke skaam.
*   Hy lei die ryke tot begrip vir die arme en om meer barmhartig op te tree.
*   Daarby dwing hy die ryke om ‘n goeie daad te doen deur die bokleed ten minste terug te gee.

Die bokleed het ook gedien as die arme se kombers vir die nag. Dit mag volgens wetlike voorskrif nie afgeneem word nie. Die ryke wat hard geraak en hom aan geen wetlike bepalings meer gesteur het nie, word tot ander insigte geruk met die man wat hier naak voor hom staan!

Kontras in uitkoms

*   As die arm man hom verset het, het hy niks vir homself of vir ander armes bereik nie.

*   Deur die ryke skaam te maak en te forseer om sy bokleed terug te gee, het hy die ryke gelei om ‘n goeie daad te doen.

Voorbeelde

Saul vervolg Dawid, maar Dawid maak Saul so skaam voor al die manne dat Saul totaal omswaai en ‘n goeie daad verrig deur die vervolging af te las.

Hiskia lei die afvallige en ontroue priesters en Leviete tot deelname aan ‘n goeie daad, naamlik die hervorming.

Christus?

Aan Jesus was geen genade betoon nie – ook nie eers van sy Vader nie. Aan die kruis word Hy naak uitgetrek – ook sy bokleed.

Hy verloor alles – selfs sy lewe. Hy wat alles besit verloor alles sodat ons wat niks besit alles kan verwerf!

Hy ontvang geen genade nie sodat ons begenadig kan word!

Boodskap?

Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor die siele van alle mense – ook rykes.

Wêrelds mag ons baie arm wees, maar deur die Gees is ons die rykes en moet ons dus die inisiatief neem.

Amen.