Sondag 33.1
“Vraag: Uit hoeveel dele bestaan ware bekering?”
Bekering is noodsaaklik in elke gelowige se lewe. Sonder bekering is niemand in die koninkryk van die hemel nie. In Sondag 33 het ons dus met ‘n baie belangrike geestelike Bybelse waarheid te doen.
Die eerste vraag gaan oor ware bekering.
Daar is so iets soos vals bekering. Vals bekering lyk so:
Ware bekering lyk so:
“Antwoord: Uit twee dele: Die afsterwing van die ou mens en die opstanding van die nuwe mens”
Ware bekering bestaan uit twee dele. Ware bekering kan beskryf en verduidelik word in duidelike woorde en terme. Hierdie beskrywing kry ons in die Bybel. Bekering is daarom nie ‘n vae godsdienstige begrip waarvan mens hoor en lees, maar nooit presies kan agterkom wat dit nou eintlik beteken nie.
Belangrike dele in die Bybel oor bekering is:
Rom.6:1-13
Ef.4:22-24
In altwee hierdie briewe aan sy kerk leer God ons dat bekering uit twee dele bestaan:
Rom.6 – moenie julle in diens van die sonde stel nie, stel julle in diens van God
Ef.4 – breek met die sondige mens, lewe as nuwe mense
Om jou te kan bekeer en ‘n lewe van bekering te leef, is dit noodsaaklik dat ‘n gelowige sal weet wat bekering is, waaruit bekering bestaan en hoe ek dit deel van my lewe van elke dag moet maak.
Maak daarom seker dat jy weet wat ware bekering is. Leer wat ware bekering is in Sondag 33. Onthou dit. Maak dit deel van jou lewe. Weet ook dat ware bekering nie iets is wat een keer gebeur en daarna nooit weer nie. Ware bekering is ‘n manier van lewe elke dag.
Die Griekse woord vir bekering is “metanoia”. Die heel basiese betekenis van die woord is “gesindheidverandering”. Bekering begin dus innerlik. Die innerlike verandering moet so wees dat die verandering uiterlik wys. Dit is die kernbetekenis van bekering.
Ware bekering van nader bekyk.
“Vraag: Wat is die afsterwing van die ou mens?”
Die Heidelbergse Kategismus is ‘n boek om Gereformeerde gelowiges te leer. Dit is ‘n boek met vrae en antwoorde, soos hierdie vraag en antwoord. Ek as Gereformeerde gelowige het geestelike leerwerk om te doen. Elke gelowige en nie net die kinders in die katkisasie nie, het leerwerk om te doen. Die Kategismus word in katkisasie behandel, dat kinders kan leer en die geestelike waarhede in die boek kan ken vir die res van ‘n mens se lewe. Die Kategismus moet geken word, want die boek is deel van ons geloofsbelydenis.
Die vrae en antwoorde oor ware bekering staan nie in ‘n boek vir ongelowiges nie, asof dit net ongelowiges of heidene is vir wie ware bekering bedoel is. Ware bekering is vir gelowiges bedoel. Jeremia roep die verbondsvolk op om hulle te bekeer (Jer.4:1). Johannes die Doper het vir die Jode, die stam van Israel uit wie die Verlosser gebore sou word, mense wat gereeld in hulle kerk was, gepreek dat hulle hul moes bekeer (Mt.3:2).
“Antwoord”: Dit is ‘n hartlike berou daaroor dat ons God deur ons sonde vertoorn het en daarom hoe langer hoe meer die sonde haat en daarvan wegvlug”.
Die afsterwing van die ou mens waarmee ek as gelowige my hele lewe deur besig moet wees, bestaan uit: