Die Dag van die Here –
Vir meer oor die Dag van die Here in die verlede, kyk ons na Klaagliedere.
Die boek gaan oor die tyd na Nebukadnesar se wegvoer van Juda in ballingskap en die verwoesting van die land, die stad Jerusalem en die tempel. Dit het gebeur 586 v.C.
Die skrywer van Klaagliedere beskryf die inname en verwoesting van Jerusalem en die wegvoering in ballingskap as die Dag van die Here.
Ons kan die boek Klaagliedere op die volgende manier indeel:
Lied 1 – Jerusalem het niemand wat die stad kan help en bystaan nie.
Lied 2 – Die Dag van die Here het vir sy verbondsvolk aangebreek.
Lied 3 – Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop.
Lied 4 – Die verbondsvolk se sonde is groter as Sodom s’n en God het nou opgetree.
Lied 5 – Gebed dat die Here sy volk nie moet vergeet nie, maar hulle na Hom terug sal bring.
Die vyf liedere is in dele van 22 verse ingedeel (die aantal letters in die Hebreeuse alfabet). Hoofstuk 3 bestaan uit 66 verse (22 x 3). Die rede hiervoor is om die volheid van die Dag van die Here te beskryf, maar dan nie in onbeheersde emosies nie. Verder het die Dag van die Here nie sommer net gebeur nie. Vir eeue het God deur sy profete gewaarsku. Amos wat twee eeue vroeër opgetree het, het juis in sy profesie die verbondsvolk geleer en gewaarsku oor die Dag van die Here. Die verbondsvolk wou nie luister nie, daarom het die Here opgetree.
Hierdie ballingskap van Juda, was ‘n dubbele tyd van vernedering en trauma vir Juda. In 722 v.C. is Israel, die Tienstammeryk in ballingskap na Assirië weggevoer. Tie stamme van die verbondsvolk is vernietig en het ophou bestaan. Juda moes baie swaar aan belasting betaal, sodat die Assiriese konings Tiglat Pileser III, Salmanasser V en Sargon II hulle nie ook inval en wegvoer nie.
Toe Assirië tot ‘n val gekom het, het Josia koning oor Juda geword en gedoen wat reg voor die Here was. Vir ‘n tydjie was daar verligting en selfs hoop, maar na Josia verval Juda weer in sonde. Jojakim was die koning van Juda net voor die ballingskap. Ons lees in 2 Kron.36 dat hy “afskuwelike dinge” gedoen het voor die Here.
Lied 1
In Klaagliedere kry ons Juda wat wreed ontnugter is deur die verloop van die gebeure. Juda is ontnugter oor wat Nebukadnesar gedoen het, ook oor die bondgenote (Egipte) wat Juda geskies het, in plaas daarvan om na God toe te gaan vir uitkoms. Dan is Juda ook ontnugter oor God. Ten diepste is Juda eintlik ontnugter oor hulleself, want wat God laat gebeur het, het gewys dat Juda se sonde vir baie lank baie diep gelê het.
Jeruslem se verwoesting het Juda se lewe heeltemal omgekeer. Voorheen was daar baie mense in die stad. Na die ballingskap was die stad verlate soos ‘n vrou sonder kinders. Voorheen was Jerusalem ‘n sterk stad, na die ballingskap was die stad weerloos soos ‘n weduwee. Voorheen was Jerusalem ‘n leier wat regeer het, na die ballingskap was die stad ‘n slaaf.
Hierdie omstandighede van vernietiging en hartseer het nie sommer gebeur nie. Die Heilige van Israel het teen sy verbondsvolk opgetree.
Lied 2
Die veroesting van Jerusalem en die tempel word gesien as ‘n daad van die Here wat teen sy verbondsvolk optree. Israel se godsdienstige manier van dink, is heeltemal omgekeer deur wat gebeur het. Die verbondsvolk het gedink hulle is die uitverkore volk wat op die Here se seën kan staatmaak. In stede van seën beleef hulle God se toorn en oordeel.
Aan die einde van hierdie lied (vs 18-22) word Juda aangesê om na die Here te roep en aanhoudend te bid.
Lied 3
Tenspyte van onbeskryflike swaarkry en ontnugtering het daar in ‘n verandering in die skrywer gekom. Wie die Here is, het hierdie verandering gebring. So skryf die digter oor die Here:
Lied 4
Die oorsaak van die swaarkry, is Juda se sonde. Die Here het deur sy profete gewaarsku, maar Juda het nie gehoor nie.
Die geestelike leiers was skuldig aan die verwoesting van Jerusalem. Hulle het met hulle hoordervriendelike profesie die verbondsvolk vals vertroue gegee.
Die verbondsvolk wou hulle nie bekeer nie, maar het hulp by heidene gesoek wanneer hulle uitkoms nodig gehad het.
Die Dag van die Here het oor sy verbondsvolk aangebreek, maar nie om hulle te vernietig nie, eerder om hulle tot bekering te dring en herstel in hulle verhouding met die Here.
Lied 5
Hierdie lied begin as ‘n gebed. Die verbondsvolk in bittere omstandighede se enigste uitkoms is die Here self.
By die Here is die enigste uitkoms, want Hy is die genadige en getroue Verbondsgod.
In Klaagliedere kan ons baie leer oor die Dag van die Here:
J Nel 10/10/2021