Home Gesonde Leer De wederkoms Ek wil gereed wees wanneer Jesus Christus weer kom

Ek wil gereed wees wanneer Jesus Christus weer kom

Datum: 2022-09-18
|
Reeks: De wederkoms

Ek wil gereed wees wanneer Jesus Christus weer kom

In die Nuwe Testament gaan ons, as die Here wil, ons in die volgende boeke en hoofstukke verdiep:

2.1   Mt. 24:1-31, 36-44; 25:31-46

2.2   1 Tes.4:13-5:11

2.3   2 Tes.1:3-2:12

2.4   1 Pet.4:7-11

2.5   2 Pet.3:1-18

2.6   Openbaring

Tot dusver het ons benewens die Ou Testament na die Evangelie van Jesus Christus wat Matteus geskryf het, gekyk.

Mt 24

Jesus en sy dissipels het daardie Dinsdag voor sy kruisiging op die Olyfberg gaan sit. Petrus, Jakobus, Johannes en Andreas het na Jesus gekom en gevra: “Sê vir ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat sal die teken van u koms en van die einde van die wêreld wees?” (Mt.24:3).

Jesus het die dissipels se vraag, eintlik vrae so geantwoord:

Vs 4,5 – Baie sal kom en sê: Ek is die Christus en hulle sal baie mense mislei. Pas op dat niemand julle mislei nie.

Vs 6 – Daar sal gerugte van oorloë. Moenie daarvoor skrik nie. Dit moet gebeur, maar dit is nog nie die einde nie.

Vs 7 – Een nasie sal teen die ander opstaan.

           Daar sal op baie plekke hongersnode wees.

           Daar sal op baie plekke aardbewings wees.

Vs 8 – Al hierdie dinge is die geboortepyne van die swaar tyd, die smarte.

Vs 9 – Christene sal mishandel en doodgemaak word.

           Nasies sal Christene haat, ter wille van Christus.

Vs 10 – In die tyd sal baie van die geloof afvallig word.

             “Christene” sal mekaar verraai en haat.

Vs 11 – Vals profete sal optree en baie mense mislei.

Vs 12 – God se wet sal al meer geminag word, sodat die liefde by die meeste mense sal

             verkoel.

Vs 13 – Wie tot die einde met opregte geloof in Christus volhard, sal gered word.

Vs 14 – Voor Christus se wederkoms, moet die Evangelie van sy kruisiging en opstanding in

              die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies kan hoor. Eers dan sal die einde

              van hierdie bedeling aanbreek.

Mt 25

Jesus Christus sal as Koning en Regter weer kom om finaal te oordeel.

Vs 32 – Twee dinge gebeur dan.

  • Al die volke sal deur Christus se engele versamel word en voor Hom bymekaar gebring word. Die finale oordeel raak die hele mensdom van al die eeue. Niemand sal nie daar voor Christus wees nie.
  • Jesus Christus, die Verlosserkoning sal die mense van mekaar skei. Dat Matteus skape en bokke geskryf het, beteken dat daar twee groepe mense sal wees.

Vs 33 – Die skape sal regs wees en die bokke links. Hierdie is beeldetaal wat Jesus gebruik het in die profetiese onderrig wat Hy gegee het. Hierdie handeling deur die Verlosserkoning, sal elke enkele mens finaal laat weet wie verlos en wie verlore en veroordeel is. Die verlostes is die Christene. ‘n Christen is iemand wat innerlik, dit is deur geloof in Christus een met Hom is. Die verlorenes is die wat nie in Jesus Christus geglo het nie en nie aan Hom behoort het nie.

Dit is verder belangrik om te besef dat elke mens voor Jesus Christus sal verskyn.

  • Die verlossingswerk van Jesus Christus sal daardie dag in die openbaar bekend gemaak word.
  • Wie aan Hom behoort en in Hom glo sal openlik geskei word van almal wat nie glo nie. Hierdie sal gebeur tot sy eer.
  • Die hele mensdom moet daardie dag sien wie die gekruisigde Jesus werklik was en steeds is.
  • Die verskyning voor Christus behels die finale ewige oordeel en die finale ewige vryspraak.

Die verskyning voor die Regter is deel van die opneem in hemelse heerlikheid aan die eenkant en die wegstuur na die ewige oordeel aan die anderkant.

Ander Gesonde Leer in "De wederkoms"