ONTMOETING
Votum: Ps.124:8
Seën: Genade, barmhartigheid en vrede vir julle van God ons Vader en Jesus Christus ons Here, deur die werk van die Heilige Gees
Lof aan God: Ps.105:1,2
Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels
Sing: Ps.9:1,7,10
VEROOTMOEDIGING
Die Wet: Levitkus 19:1-18
Antwoord op die Wet: Ps.105:3
Gebed
VERKONDIGING
Sing: Skb.8-12:1,2
Lees: Hebreërs 4:14-16; Johannes 14:1-3; 16,17 en Sondag 18.
Kernverse: Hebr.4:14-16
Tema: Christus se hemelvaart beteken genade en seën vir elkeen wat glo.
Sang: Ps. Ps.105:1,2; Ps.9:1,7,10; Ps.105:3; Skb.8-1:1,2; Ps.47:1,4; Skb.18-1:4,6
Inleiding:
Christus se hemelvaart is ‘n belangrike deel van die geloof waardeur ons gered word. Alles wat Christus gedoen het, het Hy vir ons gedoen, daarom is sy hemelvaart baie belangrik. Vanoggend kyk ons na Christus se hemelvaart en wat dit vir ons beteken.
Tema: Christus se hemelvaart beteken genade en seën vir elkeen wat glo.
1. Ons het baie sterk getuies van Christus se hemelvaart.
Christus se hemelvaart is ‘n werklikheid wat regtig gebeur het. Ons is in 2024 seker dat Jesus Christus na die hemel opgevaar, omdat ons baie sterk getuies daarvan het. Ons het die volgende getuies voor ons –
Op grond van al hierdie baie sterk getuies dat Jesus Christus na die hemel opgevaar het, glo ons dit met ons hele hart. Ons bely ons geloof in Christus wat na die hemel opgevaar het, openlik. Die Heidelbergse Kategismus is deel van ons geloofsbelydenis.
2. In sy almag is Christus in die hemel en op die aarde.
Die dissipels het Jesus voor hulle oë na die hemel gesien opvaar. Christus is met liggaam en siel in die hemel opgeneem.
Dat Christus in die hemel is, bring ‘n gelowige by een van die laaste beloftes van die Here Jesus aan sy dissipels en ook aan al sy gelowiges. Na sy opstanding het Jesus die volgtende belofte gemaak: “En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Mt.28:20).
Die vraag om te antwoord, is: “Is Christus dan nie by ons tot die einde van die wêreld soos Hy beloof het nie?” (HK 18, V&A 47).
Die antwoord op die vraag in Sondag 18 gaan oor Christus se almag. Hy is ware mens en ware God tegelyk. Hy is almagtig. Wat sy menslike natuur betref is Christus nie meer op die aarde nie. Hy het na die hemel opgevaar. Maar as God, is Christus én in die hemel én op die aarde.
Dit beteken dat Christus steeds God en mens tegelyk is. Dit is belangrik dat Hy ware God en ware mens sal bly, want alleen as God enmens tegelyk, is Hy ons Verlosser.
Christus se Godheid is een met sy mensheid in die hemel, maar sy Godheid kan nie ingeperk word nie en is ook by ons op die aarde.
Hierdie belydenis is ook ‘n belangrike deel van die geloof waardeur ons gered word. Elkeen van ons het nodig om geloofsekerheid hieroor te hê: Christus is as mens in die hemel en nie meer op aarde nie. Hy is as God in die hemel by sy Vader aan sy Vader se regterhand en by ons op die aarde.
Jesus Christus het ‘n belofte gemaak dat Hy by sy gelowiges, by ons sal bly tot die voleinding van die wêreld. Hy is volmaak getrou. Hy hou sy belofte. Ons het Jesus Christus oral en altyd by ons. Dit is wonderlike genade!
3. Ons kry wonderlike geestelike seën deur Christus se hemelvaart.
Jesus Christus het vir ons na die hemel opgevaar. Die laaste vraag in Sondag 18 is: “Watter nut het die hemelvaart van Christus vir ons?” (HK 18, V 49). Die antwoord op die vraag kan ons so saamvat: Ons kry wonderlike geestelike seën deur Christus se hemelvaart.
Die geestelike seën is die volgende –
Jesus Christus se hemelvaart was ‘n almagtige gebeurtenis wat vir elkeen wat in Hom glo, wonderlike geestelike seën beteken. Bid dan die Heilige Gees dat Hy elkeen sal help en lei om te besef en te glo dat ook Christus se hemelvaart ‘n baie belangrike deel van ons verlossing is.
ANTWOORD
Sing: Ps.47:1,4
Gebed
Liefdegawe vir barmhartigheid
Sing: Skb.18-1:4,6
Seën: Die genade van ons Here Jesus Christus, die liefde van God ons Vader en die gemeenskap van die Heilige Gees sal met julle almal wees.
Amen