Ons glo –
Is: Glo is ‘n vaste kennis dat alles in God se Woord waar is en ‘n vaste vertroue dat al die
beloftes van genade in Jesus Christus vir my bedoel is.
Is nie: Ons verstaan / Ons het volle insig/ Ons begryp heeltemal.
- Dat Jesus Christus ten opsigte van sy Goddelike natuur die eniggebore Seun van God is.
- Hy is van ewigheid gebore; Hy is nie gemaak nie en nie geskep nie, want dan sou Hy ‘n skepsel wees
- Hy is een wese met die Vader, ewig saam met Hom, die ewebeeld van die Persoon van die Vader en die afskynsel van sy heerlikheid en in alles aan Hom gelyk.
- Hy is van ewigheid die Seun van God en nie slegs sedert Hy ons natuur aangeneem het nie; so leer die volgende getuienisse ons as hulle met mekaar vergelyk word:
- Moses sê dat God die wêreld geskep het (Gen.1:1)
- En die heilige Johannes sê dat alle dinge ontstaan het deur die Woord, wat hy God noem (Joh.1:3).
- Die apostel sê dat God die wêreld deur sy seun gemaak het en ook dat God alle dinge deur Jesus Christus geskep het (Heb.1:2, Kol.1:16).
- So moet Hy wat God, die Woord , die Seun en Jesus Christus genoem word, dus reeds bestaan het toe alles deur Hom geskep is.
- En daarom sê die profeet Miga:”Sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid” (Miga 5:1) en sê die apostel:”Hy is sonder begin van dae of lewenseinde” (Heb.7:3).
- Hy is dus die ware, ewige God, die Almagtige wat ons aanroep, aanbid en dien.
Verse uit die Bybel waaruit hierdie belydenis kom:
(Joh. 1:18, 34 en 49; 1: 14); (Kol 1:15); (Heb. 1:3); (Matt. 3:17; 17:5); (Joh. 8:24; 10:30; 9:36; (Hand. 8:34);(Jes. 7:14); (Rom. 9:5); (1 Tess. 3:11); (Filp. 2:11); (2 Kor 5:19); (Hand. 20); (Ef. 3:9); (Rom. 14); (Tit. 2); (1 Kor. 8:6); (Heb. 1:1; 3:4; (Joh. 1:3); (1 Joh.5:7, 14, 20); (Op. 1-6); (Joh. 8:58;17:5); (1 Kor. 10:9),. (Gal 4:4); (Miga 5:2); (Kol 1:15); (Ps. 2:7, 12; (Heb. 13:8).
Verdere opmerkings –
- Jesus word in die Heilige Skrif God genoem (Lk.5:8).
- Hy het Goddelike Name (Jes.9:5)
- Hy doen werke van God (Joh.1:3)
- Hy het die eienskappe van God (Mt.28:18)
- Hy ontvang die eer as God (Joh.20:28).
- Die Seun va God is een Persoon met twee nature.
- Sy Goddelike natuur en sy menslike natuur is onveranderd, ongemeng, ongedeel en ongeskei.
- Sy twee nature is noodsaaklik vir ons redding en saligheid.
JN 25/02/2024