“Ons glo dat ons goeie God in sy uitnemende wysheid en goedheid die mens weer opgesoek het toe Hy gesien het dat die mens homself in die liggaamlike en geestelike dood gewerp en geheel en al ellendig gemaak en al bewende van Hom weggevlug het. God het die mens toe getroos met die belofte om aan hom sy Seun te gee en hom salig te maak – sy Seun, wat uit ‘n vrou gebore sou word om die kop van die slang te vermorsel (Gen.3:15).”
Gen.3:15 – “Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”
Gen.22:18 – “In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën wees, want jy het My gehoorsaam.”
Jes.7:14 – “Die Here sal daarom self vir julle ‘n teken gee: ‘n Jong vrou sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.”
2 Tim.2:8 – “Onthou altyd dat Jesus Christus, ‘n nakomeling van Dawid, uit die dood opgewek is. Dit is die evangelie wat ek verkondig.”
Heb.7:14 – “Dit is algemeen bekend dat ons Here van Juda afstam, en in verband met daardie stam het Moses niks oor die priesterskap gesê nie.”
Joh.1:14 – “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.”
Gen 3:6-10 – “Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet. Hulle altwee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere. Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.”
Gen.3:15 – “Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag.
Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”
Gal.4:4 – “Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit ‘n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe”.
God se uitnemende goedheid en wysheid – God is volmaak goed. Hy het Homself so in sy eie woorde aan Moses bekend gemaak: “HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou” (Eks.34:6 53 vert). Dawid het deur die Heilige Gees so geskryf: “Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Hy salons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie” (Ps.103:8,9 83 vert.) God is “die alleoorvloedigste fontein van alles wat goed is” (NGB.art 1).
Met die volheid van die tyd het God sy Seun gestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet (Gal.4:4).
Luk.1:30-35 – Die engel Gabriël se woorde aan Maria vertel van die uitnemende wysheid van God.
Hy het die mens weer opgesoek – Gen.3:9 – “Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra:’Waar is jy?’”
Die mens wat:
homself in die liggaamlike en geestelike dood gewerp het – Gen.2:16,17 – “Die Here God het die mens beveel: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, 17maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.” Rom.5:12 – “Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.”
homself geheel en al ellendig gemaak het – Gen.3:23,24 – “Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is. Die Here God het die mens uitgedryf, en om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak, het Hy oos van die tuin van Eden gerubs gesit, en ook ‘n vlammende swaard wat heen en weer beweeg.”
In hierdie ellende om weg van God te wees, sou geen mens ooit weer na God kon terugkeer nie.
al bewende van God af weggevlug het – Gen.3:6-8 – “Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet. Hulle altwee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere. Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin.”
Die vervreemding wat die eerste twee mense tussen God en hulle en die hele mensdom veroorsaak het, is gewedig en skrikwekkend.
God het die mens getroos met die belofte om sy Seun te gee en die mens salig te maak – Hierdie troos en belofte van sy Seun, het God reeds in die ewigheid besluit. God is nie deur die sonde van die eerste twee mense verras nie. Sy ewige besluit was reeds gereed. Sy Seun sou die Middelaar, die Verlosser wees.Sy Seun wat uit ‘n vrou gebore sou word om die kop van die slang te vermorsel – Gen.3:19 – God sou sy besluit om die mensdom in sonde en ellende te verlos op ‘n amagtige manier uitvoer. Sy Seun, die Seun van die Allerhoogste, sou uit ‘n vrou gebore word. Die Verlosser sou in sy almag die bose oorwin en sondaars verlos.