Home Gesonde Leer Nederlandse Geloofsbelydenis NGB Artikel 7 – Die volkomenheid van die Heilige Skrif

NGB Artikel 7 – Die volkomenheid van die Heilige Skrif

Datum: 2023-11-19
|
Reeks: Nederlandse Geloofsbelydenis

Ons glo dat –

1. Dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat

2. En dat alles wat die mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word.

3. Aangesien die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word, daarin breedvoerig beskrywe word, mag ook niemand, selfs nie die apostels nie, anders leer as wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer word nie – ja, al was dit ook ‘n engel uit die hemel, soos die apostel Paulus sê (Gal.1:8).

4. En aangesieen dit verbode is om by die Woord van God by te voeg of daarvan weg te laat (Dt.12:32), blyk dit duidelik dat die leer daarvan heeltemal volmaak en in alle opsigte volkome is.

5. Ons mag ook geen geskrifte van mense, hoe heilig die mense ook al was, met die Goddelike Skrif gelykstel nie

6. Ook mag ons nie die gewoonte of die groot getalle of oudheid op opvolging van tye of vam persone of van kerkvergaderings, verordeninge of besluiote met di waarheid van God gelykstel nie, want die waarheid is bo alles.

7. Alle mense is immers uit hulleself leuenaars en nietiger as die nietigheid self (Ps.62:10). Ons verwerp daarom met ons hele hart alles wat nie met hierdie onfeilbare reël ooreenkom nie, soos die apostels ons leer as hulle sê: “…maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is (1 Joh.4:1) en as iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie…(2 Joh.:10).

Die Heilige Skrif, God se Woord is genoeg.

Alles in my lewe het met my saligheid te doen.

Alles in my lewe het met God se wil vir my lewe en my gehoorsaamheid aan sy wil te doen.

Die Heilige Skrif bevat alles hieroor voldoende, heeltemal genoeg. Ek kry alles wat ek nodig het vir my lewe op aarde en my lewe hierna in God se Woord. Ek het niks of niemand nog nodig nie.

Aanvaar dat die Woord van God voldoende, genoeg is.

Sorg dat jy God se Woord ken – eredienste, Bybelstudie, eie lees en ondersoek van die Heilige Skrif is baie belangrik vir elkeen se geloof en verhouding met God.

Waak teen woorde soos: Die Here het vir my gesê ek moet dit doen. Die vrae is: Wanneer het die Here dit gesê? Waar het Hy dit gesê. Hoe het Hy dit gesê? Hoe weet jy die Here het dit vir jou gesê?

Moenie vir tekens soek wat glad nie tekens is nie, indien jy wil weet wat om te doen nie.  \

Dit is ook vals om berusting te vind, omdat die meste mense iets doen, en dan daarvolgens belangrike besluite te neem. Gewoonte kan goed wees of nie. Gewoonte is nooit ‘n norm, ‘n maatstaf nie, net die Bybel is….