Die Heilige Gees gaan van die Vader en die Seun uit.
Hy is nie gemaak of geskep of gebore nie, Hy gaan van die Vader en die Seun uit. Die oosterse kerk – Net die Vader (Dit maak die Seun ondergeskik aan die Vader) Die westerse kerk – Die Vader en die Seun (Dit staan in die Heilige Skrif – Joh.14:16; 15:26)
Hy is in orde die derde Persoon in die Drie-enige God.
Hy is van een en dieselfde wese, majesteit en heerlikheid as die Vader en die Seun.
Hy is ware ewige God, soos die Heilige Skrif ons leer.
Die Heilige Gees se name
Gees van God
Gees van Christus
Die Gees van die Here
Heilige Gees
Gees
Die Gees van die waarheid
Die Gees van insig
Die Gees van genade
Die Gees van heiligheid
Die sewe Geeste voor God se troon
Die Heilige Gees doen die werke van God
Die Heilige Gees salf Christus
Die Gees inspireer skrywers om die woorde wat van God af kom, neer te skryf.
Trooster en Helper
Wedergeboorte – Die begin van nuwe lewe in ‘n mens se hart
Geloof – Geestelike band met God om een met Hom te wees
Bekering – Terugkeer na God toe (Begin en duur voort)
Heiligmaking – nuwe lewe elke dag om al hoe meer God se beeld te vertoon
Help en lei gelowiges om tot die einde te volhard
Ander Gesonde Leer in "Nederlandse Geloofsbelydenis"