Home Gesonde Leer Nederlandse Geloofsbelydenis NGB Artikel 2 – DIE MIDDELE WAARDEUR ONS GOD KEN (2)

NGB Artikel 2 – DIE MIDDELE WAARDEUR ONS GOD KEN (2)

Datum: 2023-09-17
|
Reeks: Nederlandse Geloofsbelydenis

Hoe ek God kan ken – Deur sy Woord

  1. Die grootte van die Bybel

Die Bybel is nie net een boek nie, maar ‘n bundel boeke, eintlik ‘n biblioteek met ‘n verskeidenheid van 66 boeke. Dit is die Bybel in Afrikaans, soos ons hom ken.

Die oospronklike Hebreeuse Ou Testament het 1 en 2 Samuel as een boek, so ook 1 en 2 Konings en 1 en 2 Kronieke. Hierdie Ou Testament het dus minder boeke as die Ou Testament wat ons ken. Die Ou Testament is ook anders georganiseer, as waaraan ons gewoond is.

Die Roomse kerk erken ook 14 ander boeke, die apokriewe boeke. Hulle Ou Testament bevat 53 boeke. Alle Christelike kerke erken net die 27 boeke van die Nuwe Testament.

  1. Die samestelling van die Bybel

2.1 Die Ou Testament

  • Historiese boeke – Genesis tot Ester.
    Pentateug – Genesis – Deuteronomium (penta is die Griekse woord vir vyf)
    Rigtertyd – Josua – Rut
    Koningstyd – 1 Samuel – 2 Kronieke
    Na ballingskaptyd – Esra-Ester
  • Digterlike boeke/wysheidsboeke
    Job – Hooglied
  • Profetiese boeke
    Jesaja – Maleagi
    Vier groot profete – Jesaja – Daniël (5 boeke, want Klaagliedere kom by)
    Twaalf kleiner profete – Hosea – Maleagi

2.2 Die Nuwe Testament

  • Historiese boeke – Matteus – Handelinge
    Sinoptiese Evangelies – Matteus, Markus, Lukas (Sinopties – die woord beteken om saam te kyk. Dity is asof die drie skrywers saam na Jesus gekyk het en elkeen ‘n Evangelie van Jesus Christus geskryf wat baie met die ander ooreenstem.)
    Evangelie volgens Johannes
    Handelinge
  • Briewe – Romeine – Judas
    Briewe van Paulus
    Algemene sendbriewe
  • Preke
    Hebreërs
    1,2,3 Johannes
  • Profeties-apokaliptiese boek
    Openbaring volgens Johannes
  1. Die ontstaan van die Bybel

3.1 Inleiding

Daar is ‘n unieke verskil tussen die onstaan van die Bybel, die ware Woord van die ware God en die ontstaan van die sogenaamde heilige boeke van vals gelowe, of dan vals godsdienste.

Vals godsdienste ken aan hulle “heilige boeke” ‘n direkte hemelse oorsprong toe.

Islam – Allah het die oorspronklike eksemplaar van die Koran in die hemel gehad. Hy het telkens dele daarvan deur die engel Djibril na Mohammed gestuur.

Mormone – God het sy “ewige evangelie” op goue plate geskryf en dit op ‘n berg in die staat New York in die VSA begrawe. Joseph Smit, die stigter het die plate na ‘n openbaring ontdek en dit met ‘n spesiale bril ontsyfer.

Die Bybel val nie klaar uit die hemel uit nie. God maak Homself oor eeue heen in die geskiedenis bekend. Hy gebruik verskillende mense wat Hy deur sy Heilige Gees inspireer oor ‘n tydperk van ± 1400 jaar.

3.2 Die Ou Testament

Die oudste boeke is die Pentateug deels deur Moses geskryf en deels deur ander geïnspireerde skrywers wat hom bygestaan het. Hierdie boeke het ± 1250 v.C ontstaan

Die jongste boeke is Daniël (500 v.C), Ester (450-40 v.C) en Maleagi (400 v.C).

God het telkens die opdrag gegee om te skryf en die Heilige Gees het elke skrywer gelei, gehelp, ons kan sê gëinspireer om die woorde wat van God af kom, neer te skryf.

Eks.17:14 – “Skrywe dit as ‘n aandenking in ‘n boek…”

Eks.24:4-8 – “En Moses het al die woorde van die Here opgeskrywe…”

3.3 Die Nuwe Testament

Al die boeke is in die jare 45 n.C – 95 n.C geskryf

Jakobus is die oudste boek –             45 – 50 n.C
Gal, 1 en 2 Tes en 1 en 2 Kor –         49 – 55 n.C
Rom, Markus, Filemon, Kol, Ef, Fil – 56 – 61 n.C
Lukas, Hand, 1 en 2 Tim, Titus –       60 – 64 n.C
1 en 2 Pet, Mat, Hebr, Judas –          60 – 69 n.C
Ev vlgs Joh; 1,2,3 Joh; Op –              85 – 95 n.C

  1. Samestelling van die Bybel

Die Here het mense opdrag gegee, hulle geïnspireer om sy Woord neer te skryf, te boek te stel en te bewaar

Moses en skrywers wat hom gehelp het – Deut. 31:19,20,24-26
Josua – Jos.24:26
Profete – Jer.30:2

Jesus self erken die boeke van die Ou Testament – Mt.5:17
Paulus – Kol.4:16, Ef.2:20
Petrus – 2 Pet.3:1,2 en 15,16.

  1. Erkenning van die Bybel

Jesus self (Mt.4:4,7,10; 5:17; 12:5; 19:4,5).
Die apostels deur die Heilige Gees geïnspireer (Rom.4:3; Gal.4:21-23; 2 Pet.3:15,16).
90-140 n.C deur die Apostoliese Vaders (Die vroegste Christengelowige teoloë na die apostels).
Die Afrika-konsilie (kerkvergadering) van Hippo Regius (393 n.C) (Tans Annaba in Algerië)
Die Afrika-konsilie van Karthago (397 n.C) (Karthage in Tunisië)

Tydens hierdie twee vergaderings is die 66 boeke van die Bybel deur die kerk vasgestel. Die Heilige Gees het die kerk van Christus gelei om juis hierdie boeke in die Bybel, God se Woord, op te neem.

NGB art 3,4,5,6