Home Gesonde Leer Nederlandse Geloofsbelydenis NGB artikel 3 – Die geskrewe Woord van God

NGB artikel 3 – Die geskrewe Woord van God

Datum: 2023-11-05
|
Reeks: Nederlandse Geloofsbelydenis

“Ons bely dat hierdie Woord van God nie deur die wil van ‘n mens gestuur of voortgebring is nie, maar die heilige mense van God het dit deeur diee Heilige Gees gedrywe gespreek, soos die heilige Petrus sê ( 2 Pet.1:21). Daarna het God deur sy besondere sorg vir ons en ons saligheid sy knegte (die profete en apostels) beveel om sy geopenbaarde Woord op skrif te stel, en Hy self het met sy vinger die twee tafels van die wet geskrywe. Daaorm noem ons sulke geskrifte die heilige en Goddelike Skrif.”

Die mense wat geskryf het –

Moses – ‘n Gelowige veeboer en leier in die verbondsvolk.

Josua – ‘n gelowige soldaat en leier in Israel.

Samuel – gelowige profeet wat as priester en regter opgetree het. Hy het sy onderrig en opleiding in die tempel gekry.

Jesaja – Hy was ‘n gelowige profeet vir meer as vyftig jaar, wat in die stad groot geword in ‘n invloedryke familie.

Jeremia – Hy was ‘n gelowige uit ‘n geslag van priesters en goed bekend met die godsdienstige tradisies van die verbondsvolk.

Daniël – ‘n gelowige amptenaar in verskillende heidense konings se paleise.

Amos – Hy was ‘n gelowige skaapboer wat deur die Here geroep is om as profeet op te tree.

Hosea – Hy was waarskynlik ook ‘n boer.

Dawid – Hy was ‘n gelowige skaapwagter wat later koning van Israel geword het. Hy het die gawe ontvang om psalms te skryf.

Asaf – Hy was ‘n gelowige wat as leier van die musikante in die tempel diens gedoen het.

Matteus – Hy was ‘n belastinginvorderaar wat gelowig geword het.

Markus – Hy was ‘n gelowige evangelis.

Lukas – Hy was ‘n gelowige mediese dokter.

Paulus – Hy was as Fariseër ‘n werker in die sinagoge tot hy tot bekering gekom het, waarna hy ‘n apostel geword het.

Petrus – Hy was ‘n visser van beroep.

Johannes – Hy was ‘n visser van beroep.

Daar was ook onbekende skrywers. Die skrywer wat Moses se dood neergeskryf het, is byvoorbeeld onbekend. Daar is meer.

Verder is die heilige geskrifte van 1250 v.C tot 95 n.C neergeskryf.

Al hierdie verskillende mense uit verskillende agtergronde met verskillende beroepe in  verskillende tye is deur God die Heilige Gees geïnspireer om die woorde wat van God af kom neer te skryf.

Dat God se Woord onfeilbaar en vas en seker en waar is, is glad nie aan mense te danke nie. Dit is alleen deur die almag en alwetendheid en die genade en ewige trou van God die Heilige Gees dat al hierdie geskrifte neergeskryf is en oor eeue heen behoue gebly het, dat ons vandag die wondergenade van die heilige Skrif, die Woord van God het om te lees en na te luister, sodat ons kan glo en ware lewe kan hê.